" Heilige beeste " deur D.J. OPPERMAN [boodskap #68528] |
Mon, 11 November 2002 23:09 |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
D.J. Opperman
Heilige beeste
Dit is my laaste besit
wat ek bedags langs die Taka verdedig
en snags in die kraal tussen kiepersol en klip:
hulle wat wei
waar die hadida in die noorsboom wag
bo peule, miershoop en gras;
hulle wat afhanklik is
van die bul wat die sand krap
en die reuk van die koei nog vat;
hulle wat afstam
van kuddes deur dansende impi's omring
in die koningskrale van Senzangakona en Dingaan;
hulle my drie drifte:
die aardse, die vrou en die Groot-Groot-Gees
oor die kraal tussen kiepersol en klip.
|
|
|
Re: " Heilige beeste " deur D.J. OPPERMAN [boodskap #68567 is 'n antwoord op boodskap #68528] |
Tue, 12 November 2002 18:47 |
D
Boodskappe: 40 Geregistreer: November 2002
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
On Mon, 11 Nov 2002 23:09:05 GMT, "@rogers.com" wrote:
> D.J. Opperman
> Heilige beeste
>
> Dit is my laaste besit
> wat ek bedags langs die Taka verdedig
> en snags in die kraal tussen kiepersol en klip:
>
En toe vat die visepresident vrou.
Volgens die media het hy blykbaar
reeds tien beeste gestuur:-)
D
|
|
|